Fasiliteite
Hoërskool DF Malan, ongeveer 20 km vanaf Kaapstad, is in ’n gevestigde area en naby ’n ontwikkelende sakekern geleë. Daar is ook verskeie bekende laerskole naby DF Malan.
Ons skoolkampus bestaan hoofsaaklik uit vier geboue. Die grootste is die Hoofgebou waarin die administratiewe kantore en die meerderheid van die klaskamers geleë is.
Die Uitvoerende Kunstesentrum bevat die drama- en musiek-onderrigklasse, asook kunsateljees.
‘n Veeldoelige Aktiwiteitsentrum word vir groot byeenkomste en binnenshuise sport gebruik.
DF beskik sedert 2023 oor ‘n sonpaneel- en batterystelsel wat beteken dat ons beurt vir beurtkrag nooit aanbreek nie. Die herwinning en sortering van afvalmateriaal vind op die terrein plaas en ons gebruik ondergrondse water vir ons velde. By DF is Leef groen nie net iets wat ons sê nie, maar iets wat ons doen.
‘n Gratis Wifi-konneksie is beskikbaar vir alle leerders.
Die Krieket-akademie huisves sportkantore, LO-lokale en binnenshuise krieketnette. ’n Hoëprestasiesentrum wat ‘n gimnasium huisves, is in 2015 opgerig. Opelug sportfasiliteite voltooi die res van die DF-kampus.
In 2023 het die beheerliggaam ‘n Meesterplan bekendgestel om in die komende jare die skool se fasiliteite verder te verbeter. Meer inligting kan by die kantoor bekom word.
-
Hoofgebou met 42 klasse
-
Sewe mobiele klaskamers
-
Vier rekenaarsentrums
-
I-Sentrum (Biblioteek en Internettoegang)
-
Drama-, kuns- en musiekklasse
-
Verbruikerstudiesentrum
-
Toegeruste laboratoriums
-
2 rugbyvelde, 2 krieketvelde, 7 netbalbane, 6 tennisbane
-
Hokkie-astro met spreiligte en opwarmingsarea (mini-astro)
-
Hoëprestasiesentrum met ‘n gimnasium
-
’n Krieket-akademie met drie binnenshuise krieketnette.
-
Twee rugbyvelde en twee krieketvelde, asook vyf buitelug krieketnette
-
Sewe netbal- en ses tennisbane; ‘n hoofnetbalbaan met spreiligte
-
Die Trein (ontspanningsfasiliteit)
- ‘n Kafeteria vir leerders