Alumni

Welkom by DF Alumni!

Jou bloed is blou en as oud-Dee-Effer wil jy ‘n wêreldse verskil maak!  Raak gerus betrokke by ons alumni-kantoor!

Dateer jou gegewens op by https://dfmalan.alumnet.co.za en laai asseblief ‘n foto van jouself op. Dit maak daardie “ek onthou hom/haar…”-oomblikke soveel makliker! Op die alumnetprogram kan jy ook in kontak kom met jou jaargroep.

Klik op “Verwysing” by “My tydlyn” en dan regs op “Klas van”. Ons het vir ‘n hele aantal van jul klasmaats geen kontakbesonderhede nie! Kyk of jy iemand daar ken, vul die besonderhede in en klik op “Verwys”. So spoor ons nog ‘n verlore skapie op!

Ons spog vreeslik graag met ons oudleerders, julle is ons grootste bemarkingsbate! Help ons om dit te doen deur op “My tydlyn” te klik op “Netwerk”. Gee vir ons ‘n aanduiding van jou beroep, sodat almal kan sien hoe ons oudleerders waarde toevoeg tot die samelewing.   

Indien jy as oudleerder betrokke wil raak deur ‘n individuele leerder te borg, hetsy op akademiese-, sport- en/of  kultuurgebied, loer gerus na ons Edutrust of stuur ‘n e-pos na die Alumni-kantoor.

Vir al die nuutste nuusbriewe, stories en inligting besoek gerus ons Facebook-blad.

KONTAKDETAILS

Arinda Aggenbach
Tel: (021) 948-8781
Faks: (021) 948-2996
E-pos: alumni@dfmalan.com

BLOUSPOOR

Blouspoor is ons oorkoepelende entiteit wat een platform skep vir oudleerders, ouers en enige ander DF-ondersteuners. Daar vind een sosiale funksie per kwartaal plaas waar ons lekker saam kan kuier, maar ons identifiseer ook projekte waarby ons direk betrokke kan raak. Jaarlikse ledegeld beloop R300 en sluit gratis toegang tot alle Blouspoor-funksies in.

Kontak admin@blouspoor.co.za

Oor die jare het honderde DF-effers uitsonderlike prestasies behaal. Kliek hier vir ons ererol.

In 2024 vier DF Akademie sy 70ste bestaansjaar! Kliek hier om meer oor ons geskiedenis te leer.

2026 REÜNIEDATUMS

1966

1966 REÜNIE

Oktober op ‘n Wynplaas

Kontak – marinavrijswijk@gmail.com

2006

2006 REÜNIE

10 Oktober 2026 @ Die Trein
Kontak – Petrus Steyn – petrusjohsteyn@gmail.com

1976

1976 REÜNIE

5 September 2026 – Die Trein
Kontak – Lynette du Toit – lynettedutoit04@gmail.com

2016

2016 REÜNIE

Onder bespreking

Kontak – Bonny Goosen – goosenbonny@gmail.com of Cari Smit – csmit@dfakademie.com

1986

1986 REÜNIE

8 Augustus 2026 – Die Trein

Kontak – Francois Rode – francois@jluprojects.co.za

2007

2007 REÜNIE

Augustus 2027

Kontak – Nanine Theron – theronnanine@gmail.com

1996

1995 REÜNIE

5 Desember 2026 – Die Trein
Kontak – Henry Brunsdon – henry@attorneysbd.co.za