Finansies
DF se begroting ondersteun die voortsetting van ons strategie, naamlik die belegging in gehalte-onderwys, geheel-ontwikkeling van leerders en verbeteringe aan bestaande fasiliteite. Die skoolfonds word aan die einde van die voorafgaande jaar vasgestel en deur ’n skrywe van die voorsitter van die beheerliggaam aan ouers bekendgemaak.
Skoolfonds word jaarliks vooruit gehef en moet maandeliks in 11 eweredige paaiemente betaal word (31 Januarie tot 30 November). Ouers se voorkeur ten opsigte van die betalingswyse word op ’n finansiële ondernemingvorm aangedui. Alle invordering van skoolfonds geskied volgens die skool se finansiële beleid.
Alle kostes word jaarliks hersien en vasgestel.
DOKUMENTE
Skoolfonds (2024)
Totaal oor 11 maande R37 015
Ekstra vakke (per jaar)
Robotika en kodering – R3 200
Sportwetenskap – R2 900
RTT – R2 900
IT – R2 900
Bankbesonderhede
Hoërskool DF Malan
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 340390156
MySchool ondersteuning
Jy kan DF help om fondse in te samel sonder dat dit jou ‘n sent ekstra kos. Kies vandag nog DF Malan as begunstigde op die MySchool fondsinsameling-program. Gebruik eenvoudig jou MySchool-kaart wanneer jy inkopies doen en ‘n persentasie van jou besteding sal aan DF geskenk word. Vennote sluit Woolworths, Engen en Loot.co.za in, om net ‘n paar te noem.
HOE KRY EK ‘N KAART?
Doen aanlyn aansoek by www.myschool.co.za en onthou om DF Malan as jou begunstigde te benoem.
EK HET REEDS ‘N KAART
Besoek eenvoudig www.myschool.co.za of gaan na jou MySchool-toep om DF as jou begunstigde by te voeg. Daar kan tot 3 begunstigdes per kaart gelaai word en fondse word gelykop tussen die begunstigdes verdeel.
DF EDUCATIONAL TRUST
EduTrust: ‘n Hand van hulp vir Dee-Effers
Hoërskool DF Malan is ‘n instansie wat deur die jare bekendheid verwerf het vir sy uitstaande geleenthede en omgewing. Maar ons is bewus van die groot uitdagings wat sommige van ons Dee-Effers in die gesig staar. Dit is waar die DF EduTrust intree.
Ons doel is eenvoudig: Om elke verdienstelike en behoeftige leerder by te staan, finansieel en andersins. Die behoeftes van ons leerders word noukeurig geïdentifiseer, en ons bied doelgerigte ondersteuning om aan elkeen se unieke omstandighede te voldoen.
By DF is ons nie net trots op ons nalatenskap van akademiese uitmuntendheid nie, maar ook op ons verbintenis om elke leerder te ondersteun sodat hulle kan floreer. George Aide se woorde: “In scattering the seeds of kindness, do it by hand and not by machine” is die kern van ons benadering. Ons bied nie net hulp nie, maar doen dit met deernis en volg op om seker te maak dat elke leerder ‘n warm tuisgeleentheid ervaar waar hulle kan leer en groei.
Aksie Omgee, ons interne welwillendheidsorganisasie, fokus op belangrike projekte soos die verskaffing van kospakkies en ondersteuning met vervoerkoste. Die DF EduTrust ondersteun tans verskeie projekte, insluitend die aankoop van boeke, skooldrag, mediese uitgawes, lugtyd en die betaling vir buitemuurse aktiwiteite. DF EduTrust ondersteun ook die skool met die skep van eersteklas fasiliteite, verkryging van leerhulpmiddels, sodat DF sy hoё standaarde kan handhaaf.
Donasies aan die trust kwalifiseer vir ‘n artikel 18A-sertifikaat, wat beteken dat die donateur dit vir belastingdoeleindes kan aftrek. So rek jy jou donasie om ’n nog meer betekenisvolle impak te kan hê sonder om jou sak te raak.
Ons nooi enigiemand uit wat belangstel om deel te word van hierdie inisiatief om ons te kontak. Donateurs wat ‘n leerder se volledige skoolfonds wil borg, sal op hoogte gehou word van die spesifieke leerder se vordering.
Kontak gerus die DF EduTrust vir enige navrae of om ‘n skenking te maak by edutrust@dfmalan.com.
DF Educational Trust
IT 000214/2014
Voorsitter: Steve Minnaar edutrustvoorsitter@dfmalan.com
Skakelpersoon: Joh Dorfling edutrust@dfmalan.com
Saam kan ons ‘n verskil maak in die lewens van Dee-Effers. Kom sluit vandag aan by die DF EduTrust!
Donasies kan ook deur Zapper gedoen word – gebruik dan die QR-kode langsaan om die nodige inligting te verskaf vir die Artikel 18A-sertifikaat.