Skool- en sportdrag

DF-klerewinkel

Die DF-klerewinkel is op die skool se perseel en is ‘n verskaffer van skoolklere en die enigste verskaffer van DF-sportklere.
Die DF-klerebank word ook vanuit die klerewinkel bedryf en het voorraad van gebruikte skool- sowel as sportklere. Die klerewinkel is Dinsdae en Donderdae tussen 13:00 en 15:00 oop. Navrae kan gerig word aan klerewinkel@dfmalan.com of kontak Jeanne Malan by 0786055775.

Skoolklere is beskikbaar by drie leweransiers naamlik DF-klerewinkel, De Jagers en School & Leisure. Slegs kledingstukke wat by die amptelike verskaffers gekoop is, sal as amptelike skooldrag beskou word.

De Jagers

Slegs skoolklere
Winkel G7, Willowbridge Mall, Tygervallei
021 914 7816

School & Leisure

Slegs skoolklere
13a Willowbridge Village, Carl Cronjestreet, Tygervallei
021 914 0495

By DF het ons nie ‘n amptelike somers – en wintersdrag nie.
Leerders mag net nie seisoene meng nie. Bv. Jy kan nie ‘n serp by sokkies dra, of ‘n kortmouhemp by kouse nie.

Dogter skooldrag
meisies-drag

SKOOLDRAG: DOGTERS

  • BAADJIE: Vlootblou DF-skoolbaadjie met geborduurde skoolembleem(verpligtend vir saalbyeenkomste tydens kwartaal 2 en 3)
  • ROMP: DF-skoolromp met geborduurde DF-skoolembleem
  • HEMP: Wit DF-dogtershemp met geborduurde DF-skoolembleem of wit kortmouhemp van eie keuse met ‘n DF-skooldas OF wit DF-langmouhemp met geborduurde DF-skoolembleem of wit langmouhemp van eie keuse met ‘n DF-skooldas
  • SKOENE: Swart skoolskoene van eie keuse
  • SOKKIES: Kort wit sokkies van eie keuse OF
  • KOUSE: Swart broekiekouse van eie keuse
  • BROEKIE: Vlootblou “hotpants” van eie keuse
  • TRUI: Vlootblou DF-skooltrui of oortrektrui met geborduurde skoolembleem (opsioneel)
  • SERP: DF-serp (opsioneel)
  • TAS: Vlootblou skooltas van eie keuse (skooltasse met die skoolembleem is beskikbaar by die DF-klerewinkel).
  • NB: Die reënbaadjie is NIE deel van die akademiese uniform nie.
Seuns skooldrag
seuns-drag

SKOOLDRAG: SEUNS

  • BAADJIE: Vlootblou DF-skoolbaadjie met geborduurde skoolembleem (verpligtend vir saalbyeenkomste)
  • BROEK: DF-kortbroek OF  DF-chino met geborduurde skoolembleem
  • HEMP: Wit DF-kortmouhemp met geborduurde DF-skoolembleem of wit kortmouhemp van eie keuse met ‘n DF-skooldas OF wit langmouhemp met ‘n DF-skooldas
  • SKOENE: Swart skoolskoene van eie keuse
  • SOKKIES: Lang blou skoolsokkies by kortbroek OF
  • Kort swart skoolsokkies by langbroek
  • GORDEL: Swart leergordel van eie keuse
  • TRUI: Vlootblou DF-skooltrui of oortrektrui met geborduurde skoolembleem (opsioneel)
  • TAS: Vlootblou skooltas van eie keuse (skooltasse met die skool-embleem is beskikbaar by die DF-klerewinkel).
  • NB: Die reënbaadjie is NIE deel van die akademiese uniform nie
ereklere

EREKLEURE

Wanneer ‘n leerder erekleure kry, word die DF-skoolbaadjie aangepas met ‘n koordomboorsel en ‘n nuwe baadjiesak.

Erekleure mag eers vanaf Gr.10 gedra word, selfs al word dit reeds in Gr.8 of 9 toegeken.

Die koord en nuwe baadjiesakke kan by die DF-klerewinkel, De Jagers en School & Leisure aangekoop word. Die kostes word deur die ouers self gedra.

Tydens praktiese LO-periodes kan leerders die volgende dra:
Enige DF-sportklere of DF-kortbroek met ‘n wit T-hemp
Opsioneel vir koeler dae: DF-opwarmingstop (blou) of wit DF-langmou oefentop of DF-reënbaadjie en DF-sweetpakbroek

OEFENDRAG
Gemaklike oefendrag van eie keuse

DRAG VIR BYEENKOMSTE
Seuns

  • DF-atletiekbroekie of DF-“running tights” of DF-seunskortbroek
  • DF-seuns atletiekfrokkie
  • Sportkoene en sokkies van eie keuse
  • DF-reënbaadjie
  • DF-sweetpakbroek

Dogters

  • DF-atletiekbroekie of DF-“running tights” of DF-dogterskortbroek
  • DF-atletiekhempie of DF-“cropped top”
  • Sportkoene en sokkies van eie keuse
  • DF-reënbaadjie
  • DF-sweetpakbroek

OEFENDRAG
Valhelm is altyd verpligtend
Gemaklike fietsrydrag van eie keuse, behalwe waar anders gekommunikeer word

KOMPETISIEDRAG

  • Valhelm (altyd verpligtend), skoene en sokkies van eie keuse
  • DF-bergfietshemp en swart fietsrybroek. Die klere is nie by die klerewinkel beskikbaar nie
  • Die bergfiets-organiseerder bestel dit aan die begin van die jaar volgens individuele groottes
  • DF-reënbaadjie

 

OEFENDRAG
Seuns

  • DF-seunshokkie oefenhemp (gratis verskaf indien borgskap beskikbaar is)
  • DF-seunskortbroek
  • DF-streepsokkies, skoene, mondskerm en beenskutte van eie keuse
  • DF-opwarmingshemp (blou) en/of DF-reënbaadjie
  • DF-sweetpakbroek

Dogters

  • DF-dogtershokkie oefenhemp (gratis verskaf indien borgskap beskikbaar is)
  • DF-sportromp of DF-dogterskortbroek
  • DF-streepsokkies, skoene, mondskerm en beenskutte van eie keuse
  • DF-opwarmingshemp (blou) en/of DF-reënbaadjie
  • DF-sweetpakbroek

WEDSTRYDDRAG
Seuns

  • DF-seunshokkiehemp en DF-seunskortbroek
  • DF-streepsokkies, skoene, mondskerm en beenskutte van eie keuse
  • DF-opwarmingshemp (blou) en/of DF-reënbaadjie
  • DF-sweetpakbroek

Dogters

  • DF-dogtersporthemp en DF-sportromp
  • DF-streepsokkies, skoene, mondskerm en beenskutte van eie keuse
  • DF-opwarmingshemp (blou) en/of DF-reënbaadjie
  • DF-sweetpakbroek

OEFENDRAG
Gemaklike sportdrag met ‘n wit hempie van eie keuse bv. DF-kortbroek met DF-algemene sporthemp of wit T-hemp.

WEDSTRYDDRAG

  • DF-kriekethemp
  • DF-krieketbroek
  • DF-pet (of DF-visor – opsioneel)
  • Sportskoene, skutte en wit sokkies van eie keuse
  • Vir wedstryde moet spelers in ‘n DF-kortbroek, DF-kriekethemp en DF-skoolbaadjie by die velde aankom

OEFENDRAG
Gemaklike sportdrag van eie keuse bv. ‘n kortbroek en T-hemp.

WEDSTRYDDRAG

  • DF-dogtersporthemp
  • DF-sportromp
  • DF-opwarmingshemp (blou)
  • DF-reënbaadjie en DF-sweetpakbroek
  • Sportskoene en wit sokkies van eie keuse
  • DF-visor is opsioneel

 

OEFENDRAG

Gemaklike sportdrag van eie keuse bv. ‘n kortbroek en T-hemp.

WEDSTRYDDRAG

  • DF-rugbytrui
  • DF-rugbybroek
  • DF-rugbysokkies
  • Skoene, skrumpet, skouerkussings en mondskerm van eie keuse
  • Vir wedstryde moet spelers in hul skoolklere met DF-skoolbaadjie by velde aankom
  • Vir toere is ‘n DF-reënbaadjie en DF-sweetpakbroek verpligtend

DRAG VIR BYEENKOMSTE

Seuns

  • DF-jammer of DF-swembroek of vlootblou swembroek van eie keuse
  • DF-swempet

Dogters

  • DF-swembroek of vlootblou swembroek van eie keuse
  • DF-swempet

OEFENDRAG
Gemaklike sportdrag van eie keuse bv. ‘n kortbroek en T-hemp.

WEDSTRYDDRAG
Seuns

  • DF-seunsporthemp
  • DF-seunskortbroek
  • Sportskoene en wit sokkies van eie keuse

Dogters

  • DF-dogtersporthemp
  • DF-sportromp
  • Sportskoene en wit sokkies van eie keuse