Leierskap

Die skool plaas ’n hoë premie op leierskapontwikkeling en daarom word leerders deurlopend aan geleenthede blootgestel om hul leierskap-vaardighede te slyp. Hierdie ervaring bied hulle die geleentheid om verantwoordelikheid te neem, selfvertroue te ontwikkel en positiewe veranderinge in die skool teweeg te bring.

Seniorraad_ Hoofleiers.2025

HOOFLEIERS 2025

Onderhoofdogter: Mischa Coetzee
Hoofseun: Sebastian Gelderblom
Hoofdogter: Emma Steffen
Onderhoofseun: Daniël Wiese

Seniorraad.2025

SENIORRAAD 2025

Katrien Barnard, Anja Lubbe, Margo du Toit,
Eben Bester, Philip Mouton, Charne van Tonder,
Colin Burger, Aimee Nel, Eileen Vermeulen,
Lohen Chamberlain, Carlu Pienaar, Danielle de Villiers,
Jean Coetzee, Annabelle du Plessis, Elke Volschenk,
Mischa Coetzee, Lea Schoeman, Daniël Wiese,
Sebastian Gelderblom, Emma Steffen, Jimmy Wiggins,
Stella Kretschmer, Sandrine Steyn

Mentorraad_ Voorsitters.2025

HOOFMENTORS 2025

Janke van Niekerk
Daniël du Plessis
Jana Wasserfall
Zany Colyn

Mentorraad.2025

MENTORRAAD 2025

Raven Adonis, Janke de Klerk, Heinrich Kellerman,          Saskia Schrader,  Simoni Barnard, Daniël du Plessis,      Kyleigh Koopman, Isabella Swart,
Mia Blaauw, Megan du Plessis, Lianel Lotriet, Lara Theron,
Saskia Briers, Luca du Toit, Benjamin Love, Mila Theron,
Aloise Brink, Michela Franken, Elske Oosthuizen,              Janke van Niekerk, Carli Coetzee, Kayla Janse van Rensburg, Caylin Parker, Nina van Wyk, Zany Colyn, Gia Janse van Rensburg, Heidi Raats, Jana Wasserfall,
Nikita Cremen, Mia Kellerman, Coise Retief, Jana Wium,
Michelle de Jager

RvL_ Voorsitters.2025

LEIERS: RAAD VAN LEERDERS

Voorsitter: Louise Zwiegers
Ondervoorsitter: Tiaan du Toit
Tesourier: Karla Steyn
Sekretaris: Gemma Daniels

RvL.2025

RAAD VAN LEERDERS

Graad 9:
Wynand Breytenbach, Hannes Malan, Nicolas Minnaar, Nina Pretorius
Graad 10:
Zané Kotzé, De Waal Southey, Michael Steffen, Lienke Visser
Graad 11:
Dewan Coetzee, Gemma Daniels, Mika Gelderblom, Isabella Theron
Graad 12:
Tiaan du Toit, Karla Steyn, Etienne van der Merwe, Louise Zwiegers

LEIERSKAMPE

Met die ontstaan van ons nuwe VRIEND-waardes inisiatief, het die skool ‘n behoefte geïdentifiseer om meer geleenthede aan ons leerders te bied om hul leierskapsvaardighede en -waardes te ontwikkel en slyp, sodat hulle dit in die verskeie sfere kan uitleef.  Gevolglik is die besluit in 2022 geneem om ‘n jaarlikse graad 10-leierskapskamp te loods. Enige graad 10-leerder kan aansoek doen, maar slegs 50 leerders kan geakkommodeer word. Die kamp was so ‘n groot sukses dat ons besluit het om in 2024 ‘n tweede kampgeleentheid vir die graad 11’s te loods.

Die program fokus op waardes, kommunikasie, groepwerk en leierskapontwikkeling.  Die leierraad, wat bestaan uit die seniorraad, mentorraad en VRL se uitvoerende leiers, vergesel die graad 10’s as mentors en fasiliteerders.  Hierdie unieke geleentheid fokus op pret, ontwikkeling en netwerk-geleenthede vir ons voornemende leiers.

Kontak me. Solomon vir meer inligting
nsolomon@dfakademie.com

VLJ-KAMPE

Die VLJ-kursus en kamp vorm deel van Projek VRIEND wat ons skool se waardes help vestig onder ouers, leerders en personeel. Die “Victorious Living Journey”-program word aangebied vir enige leerder in die skool en fokus op persoonlike leierskap. Leerders word gelei om die positiewe invloed wat hulle uitoefen, te versterk. Die program behels weeksessies en ‘n kamp waartydens daar met ervaringsleer-sessies, groepsbesprekings en mentorskap gefokus word op onderwerpe soos identiteit, ‘n doelgerigte lewe en spanwerk.

Kontak mnr. Dippenaar vir meer inligting
sdippenaar@dfakademie.com