EduHelp

Nina Barnard

021 948 8781/2/3
eduhelp@dfmalan.com

Sielkundige ondersteuning,
voorligting en studieleiding

By DF word die volgende dienste aan die skool en breër gemeenskap gelewer:

  • Konsessie-aansoeke
  • Beroepsvoorligting- en  beroepskeuse-assesserings
  • ’n Inligtingsdiens ten opsigte van tersiêre opleiding
  • Ondersteuning van persoonlike- en emosionele welstand. Eduhelp bied ook sielkundige ondersteuning vir leerders wat tydens skoolure hulp benodig en doen verwysings soos nodig.
  • Ouerleiding en bystand.
  • Individuele ondersteuning, asook groepwerk vind plaas en relevante psigometriese evaluering word ingespan.

Mev. Barnard het onder andere Sielkunde studeer en is geregistreer by die Raad van Sielkunde by die Gesondheidsraad van Suid-Afrika in ‘n onafhantlike praktyk. Sy is ook ‘n geregistreerde psigometris en onderwyser.

Opleiding:
Universiteit van Pretoria, UNISA en Universiteit Stellenbosch.
Registrasienommer: PMT 0095460 Praktyknommer: 0870307
Professionele Assosiasies. HPCSA, SACE, BHF.

Vakveranderings

Leerders moet alle vakke in persoon by Eduhelp verander, e-posse word nie aanvaar nie. Hulle neem die vorms self na die onderwysers en laat dit self teken. Slegs wanneer volledig getekende vorms (ouers en onderwysers) ontvang word, sal die vak verander word. Indien ‘n leerder Fisiese Wetenskap neem moet hulle Wiskunde neem en leerders moet Fisiese Wetenskap ook verander as hulle Wiskunde staak.

Vakveranderinge word nie gewaarborg nie, aangesien dit deur die rooster, getalle en beskikbare toerusting beperk kan word.

Reëlings m.b.t. ekstra vakke word deur die vakhoofde hanteer. Eduhelp hanteer net die stakings. Dieselfde proses word gevolg: ‘n Leerder kom haal ‘n vorm en laat dit self teken.

Graad 10: Hoogstens twee vakveranderings word voor  30 Junie toegelaat.
Graad 11: Hoogstens twee vakveranderings word voor 31 Maart toegelaat. In uitsonderlike gevalle kan ‘n leerder een addisionele vak aan die einde van graad 11 verander nadat sy/haar eindeksamen punte vir graad 11 bekend gemaak is. Hierdie vakverandering moet voor 15 Desember van die graad 11-jaar gedoen word.
Graad 12: Geen vakverandering word in die graad 12-jaar toegelaat nie.

Vakkeuse-ondersteuning

Eduhelp bied hulp met vakkeuses. Ouers en leerders kan afsprake maak en leerders kom deurlopend deur die skooldag soos dit hulle pas. Indien volledige vakkeuse toetse gedoen wil word kan hulle Eduhelp kontak of die skakel  volg na http://bhpsychometrics.co.za/

Loopbaan hulpbronne is deurlopend beskikbaar op die bogenoemde webbtuiste. Volg ons op Facebook of Instagram waar al die inligting oor beurse/oopdae ens. deurlopend geplaas word.

Leerderondersteuning

Konsessies

  • Konsessies en alternatiewe assesserings metodes word deur die SGOS-Span (Skool Gebasseerde Ondersteuningspan) in samewerking met Eduhelp hanteer. Die SGOS-span is verantwoordelik vir die uitvoering van die konsessies in die skool en kanaliseer relevante klas (onderwyser) inligting oor leerders na Eduhelp.
  • Leerders moet self die SGOS-span (Mnr Visser en juffrou Engelbrecht) kontak om ‘n brief te ontvang as bewys van hulle konsessie.
  • Eduhelp dien nuwe aansoeke in by die Departement
  • Eduhelp doen sielkundige toetse indien ‘n verslag te oud is. ‘n Sielkundige verslag moet nie ouer as 2-3 jaar wees nie. Daar is wel ‘n koste aan verbonde wat van u mediese fonds geëis kan word.
  • Konsessies-aansoeke word per fase gedoen. Fase: Graad 10 en weer in graad 11 (vir die NSS ein eksamen word alle aansoek weer ingedien).