ALGEMEEN

DF help dierebeskerming

Hoe kry jy meer as 1000 leerders (en onderwysers) op dieselfde tyd opgewonde? Hondjies!!

Grace-dierebeskermingsorganisasie het by ons kom kuier. Hulle moet binnekort ‘n nuwe heenkome vir die viervoete kry en van die plaas af skuif. Die Seniorraad het ‘n bewusmakingsprojek geloods om geld vir die organisasie in te samel. Baie dankie vir elke donasie, elke kosbakkie en die ondersteuning.