Dit was ‘n dag gevul met vol harte en vlak trane. ‘n Dag waarop ons afskeid moes neem van ‘n spesiale groep jong volwassenes wat diep spore getrap het in die gange van DF hierdie afgelope 5 jaar.
Dankie aan Neal Malan en Ila Alberts, hoofleiers van 2020, wat wyshede kom deel het wat ons gaan bybly en ons herinner het dat ons net altyd moet aanhou roei en dat sagte harte nie kan breek nie. Baie dankie aan Emma en Dirk, hoofleiers van 2024 wat vir oulaas die podium betree het en ons laat met die aanhaling van ons gunsteling kinderkarakter, Winnie the Pooh: “How lucky I am to have something that makes saying goodbye so hard.”
Hoe gelukkig is ons dat ons deel van elkeen van julle stories kan uitmaak!
Ons harte is vir altyd BLOU.