Uncategorized

Ruben van Rooyen-gedenktuin ingehuldig

Op Donderdag 8 Mei is die RvR-gedenktuin ingehuldig. Dit is gepas dat dit saam met Afrikaans100 geval het, want Ruben was besonder lief vir sy taal. Die Afrikaanstuin, wat deel van hierdie pragtuin is, bestaan uit 10 Afrikaans roosbome. Die rose blom treffend oranje. Dankie aan Lorinda Smit wat die droom van ń gedenktuin verwesenlik het.