Honderde geel, wit en blou omgewingsvriendelike ballonne het vanoggend in Bellville gewapper toe leerders van die Hoërskool DF Malan na die Bellville-polisiekantoor opruk om hul 70ste verjaarsdag te vier.
Die skool het op 1954 by die gebou waar die polisie gehuisves is, begin. Dit het op 1957 na sy nuwe perseel geskuif.
Oud-leerders, hoofde en ander het ook die verrigtinge meegemaak. As deel van die seremonie het Pieter Combrink, een van die enkeles uit die eerste matriekklas van 1958 wat by die byeenkoms was, saam met Sias Conradie, huidige skoolhoof, oor Voortrekkerweg geloop en ‘n fakkel aan 2024 se hoofleiers, Dirk Hagen en Emma Geringer, oorhandig.