ALGEMEEN

Buddy-pouses 2024

Dié foto’s van die laaste 𝑏𝑢𝑑𝑑𝑦-pouse van die jaar spreek boekdele — dit is oor en oor duidelik dat beide die graad 8’s en 12’s vet pret gehad het tydens die 𝑏𝑢𝑑𝑑𝑦-pouses!
𝐵𝑢𝑑𝑑𝑦-pouses het elke Woensdag plaasgevind totdat die matrieks met hul rekordeksamen begin het.

Van “diversity bingo” tot ballonspele het seker gemaak dat die graad 8’s elke week terugkom vir nog meer plesier. Dit was gou duidelik dat “Just Dance” die gunsteling-aktiwiteit geword het! Elke sessie het bestaan uit ‘n prettige aktiwiteit, gevolg deur groepgesprekke binne die graad 8’s se kleiner groepies wat vroeg in die jaar saamgestel is.
Ek is seker dat die verhoudings wat gebou is, diep voetspore in elke betrokke Dee-Effer se hart getrap het. Ons graad 8’s is nou byna gereed vir graad 9!

Die uitdaging lê nou by die nuwe leierraad om voort te bou op hierdie betekenisvolle en invloedryke projek.