ALGEMEEN, KULTUUR

DF skoolkoerant presteer

Baie geluk aan die Herout-redaksiespan van 2023/2024. Ons uitgawes van Aug. 2023 tot Aug. 2024 het gelei daartoe dat ons deur Netwerk24 aangewys is as die beste digitale skoolkoerant in die land. Ons het groot waardering vir elke joernalis en kunstenaar wat ‘n bydra gelewer het. ‘n Spesiale geluk aan ons hoofredaksie: Jana Burger, Nienke de Vaal, Yana Mans, Lohen Chamberlain en Etienne van der Merwe. Ook ‘n groot dankie aan André Venter, webtuistetegnikus van 2022/2023 wat groot werk aan ons webtuiste gedoen het.